News

Pretoria pa en dogter steeds in hospitaal na gru-Molotopad ongeluk

'n Pretoria pa en dogter sterk steeds aan in hospitaal na klein Karlu (8) van Aswegen en sy ma Karin verlede week na die ongeluk oorlede is.

Die Pretoria pa, Jurie van Aswegen en sy jong dogter, Junique (10) is steeds in die hospitaal na klein Karlu (8) van Aswegen opslag in ‘n gru-ongeluk op die Molotopad oorlede is en sy ma, Karin ure later.

Die famile se woordvoerder het Maandag aan Rekord bevestig dat beide van hulle steeds aansterk in die hospitaal. Hy wou nie uitbrei oor die omvang van Jurie en Junique se beserings nie uit respek vir die familie.

Die gesin was onderweg na hulle huis in die Dinokeng area toe die ongeluk plaas gevind het.

Dié ongeluk het verlede Maandag omstreeks 16:30 op die Molotopad plaasgevind to die bestuurder van ‘n noodvoertuig vermoedelik beheer daaroor verloor het en reg van voor teen die Van Aswegens se voertuig gebots het.

Karlu is op die toneel verklaar terwyl daar met Karin, Jurie en Junique na hospitale toe gejaag is.

Karin is ure daarna in die hospitaal oorlede. Jurie en Junique is tans nog albei in die hospitaal.

Klein Karu was ‘n baie geliefde klein stil seuntjie wat gou harte gesteel het. Hy was baie lief vir rugby.

“Karin was een van die vriendelikste mense wat jy ooit in jou lewe sou ontmoet, altyd geglimlag, ʼn omgee-mens, besorg oor ander, hulpvaardig. Sy het die beste in mense raakgesien. Haar betrokkenheid by skole van die omgewing het haar baie geliefd gemaak onder kinders en personeel,” het Ds. Thinus van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Montana gesê.

Van Staden het bygevoeg dat Karin se sagte teenwoordigheid en hulpvaardigheid by die kerk geweldig gemis word.

Huldeblyke en boodskappe van medelye stroom steeds in.

Dié Molotopad is as die gevaarlikste pad in Suid-Afrika aangewys.

Minister Barbara Creecy het verlede jaar gesê dat daar beduidende vordering gemaak is met die R15-miljard opgradering van die Moloto-pad, wat, wanneer voltooi, verwag word om veiligheid op een van die land se gevaarlikste paaie te verbeter.

Die pad word tans opgegradeer deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral).

Creecy het egter beklemtoon dat ingenieurswese alleen nie lewens sal red nie as bestuurders en voetgangers nie hul gedrag verander nie.

Sy het hierdie opmerking gemaak tydens ‘n inspeksie van die 138 km lange pad wat deur Gauteng, Mpumalanga en Limpopo strek, en wat opgegradeer word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL).

Creecy het gesê dat ontwerp en konstruksie belangrike elemente van padveiligheid is, maar dat die gedrag van padgebruikers krities is om ongelukke en sterftes te verminder.

Die regstelling van die pad, die bou van effektiewe barrières en twee verkeersbane in elke rigting, met hoë mas-ligting om veiliger bestuur by nag te verseker, was net ‘n paar van die veiligheidskenmerke. Te gegewe tyd sal die pad kameras langs die hele roete hê om gedrag 24 uur per dag, sewe dae per week, te monitor, het sy gesê.

Lees ook: Graad 3-leerling en sy ma sterf tragies na Pretoria motorongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Check Also
Close
Back to top button